Noordelike Akademie is ‘n Leersentrum vir Kinders met Leer Probleme

By Noordelike Akademie sal die CAPS sillabus aangebied word.

Indien kinders wil oorskakel na ‘n hoofstroom skool sal dit moontlik kan wees aangesien hulle die CAPS sillabus volg.

Elke kind sal eers getoets word om te bepaal waarmee die kind sukkel en op watter vlak die kind mee gewerk moet word.

  • Individuele aandag sal aan elke kind gegee word, daarom het ons klein klasse.
  • Een keer ‘n week sal daar kuns aangebied word.

Alhoewel ons hoof fokus akademie is, is dit ook belangrik dat kinders aan sport aktiwiteite deelneem.

Ekstra kurrikulêre aktiwiteite – Martial arts, Revue, Transforming Kids

Skool Ure:

07:30 – 14:00

Kostes: 2023

Registrasie Fooi: R800
Skoolfonds: R2400 p/m vir 11 maande